Local newsNews

Afriforum Brakpan bekyk die Weltevreden stortingsterrein

Die Weltevereden stortingsterrein is nie veel in gebreke nie.

AfriForum Brakpan-takbestuur, asook die streekskoördineerder vir AfriForum Gauteng, Marie Naudé, het Donderdag met verteenwoordigers van die Ekurhuleni metro en Sungu Sungu by die Weltevreden stortingsterrein ontmoet.

“Die doel van die samekoms was om die Weltevreden stortingsterrein teen die nasionale stortingsterreinoudit, wat gedurende November nasionaal deur AfriForum-takke dwarsoor die land uitgevoer word, te evalueer,” het Gerhard Cilliers, taksekretaris van AfriForum Brakpan verduidelik.

“Na ‘n intensiewe oorsig van die stortingsterrein se uitleg en roetineskedulering van aktiwiteite is die ouditdokumentasie in vriendelike samewerking voltooi,” het Cilliers bygevoeg.

DA raadslid Brandon Pretorius was teenwoordig om toe te sien dat die proses oop en regverdig verloop het.

“Alhoewel die amptelike uitslae eers aan die einde van November nasionaal bekendgemaak sal word, is dit bemoedigend dat die oudit beduidend positief is,” het Cilliers gesê.

“Die Weltevereden stortingsterrein is nie veel in gebreke nie.”

Nietemin, soos deur Drummond Doig, tak-ondervoorsitter opgemerk is, moet daar gelet word op die enkele punte waarop daar gefaal word. ‘Plastic City’ is vir vele Brakpanners ‘n bron van frustrasie.

“Ons sien uit om oor ‘n jaar terug te keer en die oudit, met selfs meer positiewe resultate, te herhaal,” het Doig gesê.

“Ons hoop ook dat die Ekurhuleni metro oor die volgende jaar daadwerklik werk daarvan sal maak om die onregmatige herwinning van ‘produkt tot so ’n mate aan te spreek dat die rede tot die bestaan van `Plastic City’ sal kwyn.”

“AfriForum Brakpan-tak het ook onderneem om die nuutgevonde samewerking met die Ekurhuleni Metro en Sungu Sungu te koester en uit te bou, en om saam met die plaaslike raad aan werkbare, funksionele en volhoubare oplossings vir die toekoms te werk,” het Johan Fourie, takvoorsitter gesê.

Lees ook: 

AfriForum is nou ons spreekbuis

AfriForum maan Ekurhuleni oor slordige begraafplaas

Brenthurst to have its own ‘Plastic City’

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button