Editor's note

Inentingsveldtog vir honde en katte

Daar sal geen koste aan die inentings verbonde wees nie.

‘n Hond- en kat inentingsveldtog om pensioenarisse en werklose troeteldiereienaars van hulp te wees vind Maandag, 23 Oktober plaas.

Om die verspreiding van siektes te voorkom sal die plaaslike organisasie, ABC Steri, in samewerking met die Gautengse Departement van Landbou- en Landelike Ontwikkeling se Veterinêre Dienste vyf-in-een asook hondsdolheid entstowwe toedien.

Daar sal geen koste aan die inentings verbonde wees nie.

Vir troeteldiereienaars om te kwalifiseer moet hulle hul Sassa kaarte toon of bewys van WVF-registrasie kan bied.

Die veldtog sal vanaf 8.30vm by die Just Wheels Klub te Kitzingerlaan plaasvind. Die ingang in Smallstraat kan gebruik word.

Bykomende dienste soos ontwurming asook bosluis- en vlooibehandelings sal teen minimale koste beskikbaar wees.

ABC Steri het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om tweedehandse leibande vir honde te skenk.

Die bande moet in ‘n goeie en skoon toestand wees.

Vir meer inligting kan Ann Martin by 082 909 5612 gekontak word.

Lees ook:

Just Wheels lede skenk ‘n ton hondekos

Man wat hond skop ontstel kinders 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button