Local newsNews

Clicks se span reik uit na die gemeenskap

Werknemers van Clicks sorg dat daar op die uitbetaaldag ’n tafel met ’n lafenis vir die mense is.

Honderde mense staan maandeliks douvoordag in ’n ry om hul maandelikse toelaag van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) te ontvang.

By die Mall@Carnival is dit geen uitsondering nie. Pick n Pay is een van die plekke waar mense hul geld kan ontvang.

Die personeel van Clicks het die afgelope paar maande na die mense wat van vroegoggend in die lang rye staan tot wanneer hulle om 9vm geholpe kan raak, uitgereik.

Werknemers van Clicks sorg dat daar op die uitbetaaldag ’n tafel met ’n lafenis vir die mense is.

“Ons samel self fondse in om ons in staat te stel om aan die mense ’n toebroodjie en koeldrank of koffie, tee of sop te verskaf,” het Heila Stols van Clicks gesê.

“Baie van die mense staan vir meer as twee uur in ’n ry en wag. ’n Bekertjie sop of ietsie om te eet help darem so bietjie,” het Stols gesê.

Lees ook:

Robbers get away with SASSA pension money

Be on the lookout for fake bank notes

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button