Editor's choiceLocal newsNews

Johan Ackermann se suster vertel van eindstryd

Elsabé Gertenbach (51) van Brakpan-sentraal was Saterdag een van die sowat 60 000 toeskouers wat bankvas agter die Leeus en haar broer, Johan Ackermann, gestaan het.

Die suster van die afrigter van die Emirates Lions rugbyspan, wat Saterdag in die finaal van die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders gespeel het, is ’n Brakpanner.

Elsabé Gertenbach (51) van Brakpan-sentraal was Saterdag een van die sowat 60 000 toeskouers wat bankvas agter die Leeus en haar broer, Johan Ackermann, gestaan het.

Sy het die wedstryd saam met haar seun, Shawn (20) bygewoon.

“Uit die aard van die saak is ons hele gesin groot Leeu ondersteuners en dit was wonderlik om die wedstryd te kon bywoon,” het Elzabé gesê.

Haar twee dogters, wat albei ook Leeu bloed in hul are het, moes ongelukkig die wedstryd misloop.

Nicole is ’n graad 11 leerder aan Hoërskool Die Anker en haar jonger sus, Zanry ’n graad nege leerder.

“Die twee sou bitter graag daar wou wees, maar hulle het Saterdag nog aan Die Anker se revue deelgeneem en moes tuis bly,” het Elzabé gesê.

Sy vertel dat Johan Ackermann haar enigste broer is en dat sy nou alleen agterbly aangesien hy binnekort oorsee vertrek om sy afrigtingsloopbaan in Engeland voort te sit.

Die Leeus het Saterdag wel teen die Crusaders met ’n telling van 17-25 verloor, maar volgens Elzabé was die gees en atmosfeer steeds ongelooflik positief.

“Selfs nadat die eindfluitjie geblaas het, het al die ondersteuners positief gebly. Dit was regtig ‘awesome’,” het sy gesê.

Elzabé woon sedert 2000 in Brakpan en is ’n departementshoof by Olympia Park Skool in Springs.

Lees ook:

Lions mingle with ‘mane’ supporters

World-class rugby at world-class Emirates Stadium

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button