Editor's noteLettersOpinion

Parkering vir gestremdes bly maar ‘n probleem

Inwoner van Dalkpark skryf per e-pos: Ek het gesien hoe ’n voertuig op die parkering vir gestremdes gaan stilhou en twee vroue, wat niks makeer nie, het uitgeklim.

Inwoner van Dalkpark skryf per e-pos:

Ek en my man is albei in ons 60’s en my man se been is drie jaar gelede, weens komplikasies na ’n operasie, geamputeer.

Hy gebruik die meeste van die tyd ’n rolstoel en ek moet sê, my ondervinding is dat motoriste oor die algemeen darem nie op die parkering vir gestremde persone parkeer nie.

Maar daar is altyd ’n uitsondering op die reël, soos ons onlangs gesien het.

Ons het na die Mall@Carnival gegaan en dit was baie besig.

Ek het gesien hoe ’n voertuig (dit was ’n rooi Jetta) op die parkering vir gestremdes gaan stilhou en twee vroue, wat niks makeer nie, het uitgeklim.

Ek het agter hulle stilgehou en beleefd vir hulle gevra of hulle ’n rede het waarom hulle daar geparkeer het.

Die een vrou het vir my gesê: “Why are you talking to me? Mind your own business.”

Hulle het daarna weggestap. Ek het besluit om maar liewer die saak daar te laat en het ’n ander plek gaan soek.

Baie mense dink gestremde persone is te lui om ver te loop, maar ons het ook die groter parkering nodig om ’n rolstoel uit die voertuig te kry.

Dankie aan almal wat begrip het vir ons behoeftes.

Die onbeskofte vrou in die rooi Jetta sal wel haar dag kry.

Lees ook:

In This Mall, Holograms Of Disabled People Appear If You Try To Park In Their Space

‘Arrogant scum’ should be named and shamed

Disabled parking bays are abused

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button