Editor's choiceLocal newsNews

Oneerlike mense buit sorgsentrum uit

“Dit het onder ons aandag gekom dat daar mense is wat die sorgsentrum se naam misbruik om fondse in te samel,” het Mona Loubser gesê.

Dit het onder die aandag van die bestuur van die Jabes Sorgsentrum gekom dat daar persone is wat onwettig fondsinsameling namens die sentrum doen.

Die Jabes Sorgsentrum is ’n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.

Mona Loubser, ’n maatskaplike werker, wat aan die hoof van die sorgsentrum staan, het onlangs haar kommer uitgespreek oor die wending wat kop uitgesteek het.

“Dit het onder ons aandag gekom dat daar mense is wat die sorgsentrum se naam misbruik om fondse in te samel,” het Loubser gesê.

“Die publiek moet liewer duidelikheid kry voordat hulle enige skenkings maak.”

“Ons het elke sent en donasie nodig en ons is uiteraard baie dankbaar teenoor almal wat ons wel ondersteun.

“Ons gebruik ’n oorspronklike briefhoof met ’n stempel daarop wanneer ons besighede of individue nader,” het Loubser gesê.

Persone wat onseker is kan haar by 073 209 9622 of 011 740 0363 kontak.

Lees ook:

Leer ken Mona Loubser

Kitt kuier in Brakpan

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button