LettersOpinion

Niemand verdien om alleen te sterf nie

Inwoner, Dalview skryf per e-pos: Dit is bitter jammer en hartseer om te sien hoe mense vandag sukkel om kop bo water te hou en elke dag probeer oorleef.

Inwoner, Dalview skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 9 Junie (Karwag sterf alleen op koue trappe).

Hoe hartseer dat enige persoon so alleen en koud jou laaste asem moet uitblaas.

Wat my die meeste opgeval het was die vuil plek waar die stomme man gebly het, en wat seker maar sy huis was.

Ons gesin woon in Dalview, maar ons werk in ander dorpe en kom byna nooit in Brakpan-sentraal nie. Die agteruitgang is duidelik op die foto te sien en dit is baie kommerwekkend.

Ek sien gereeld ‘n ouerige man en vrou wat in die Dalview omgewing bedel en ek dink hulle slaap ook maar net waar hulle kom.

Dit is bitter jammer en hartseer om te sien hoe mense vandag sukkel om kop bo water te hou en elke dag probeer oorleef.

Niemand verdien om alleen op koue trappe te sterf nie. Ek hoop daardie persoon rus nou in vrede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button