BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer ken Nathan Evans.

Nathan Evans is ‘n 14-jarige leerder aan die Hoërskool Stoffberg en is woonagtig in Minnebron. Hy het onlangs met welslae aan ‘n kompetisie deelgeneem en gaan homself vir die volgende jaar op liefdadigheid toespits.

• Aan watter kompetisie het jy deelgeneem en hoe het jy gevaar?

Ek het aan die Mnr Junior Suid-Afrika 2017 kompetisie deelgeneem en het die volgende kategorieë gewen: Mr Petite Teen South Africa, Mr Petite Teen Face of South Africa, Mr Junior Charity South Africa, Mr Personality en Best Ramp Model.

• Wat het jou laat besluit om aan die kompetisie deel te neem?

In graad sewe was ek gekies as ‘n prins in die Mnr Arrie kompetisie en deel van die prys was ‘n gratis modelklas. Ek het daarna besluit om voort te gaan met die klasse. Ek word tans afgerig deur Sir South Africa, Tylor Kotze, wat my ook ingeskryf het vir die Mnr Junior Suid-Afrika 2017 kompetisie.

• Was dit ‘n eerste, of het jy al aan ander kompetisies deelgeneem?

Dit was my eerste groot kompetisie, maar ek het al met sukses aan ander kompetisies deelgeneem.

• Wat is jou algemene gevoel oor die feit dat mans/seuns aan kompetisies van die aard deelneem?

Ek voel modelwerk is net so goed vir seuns as meisies. Dit het my beslis gehelp met my selfbeeld en selfvertroue. Verder glo ek ook dat dit tot voordeel strek om ‘n fondasie en platform vir my toekoms daar te stel.

• Wat word vir die volgende jaar van jou verwag?

Daar word van my verwag om vir die volgende jaar ‘n trotse en waardige titelhouer en ‘n ambassadeur vir Suid Afrika te wees. Ek moet soveel tyd moontlik aan liefdadigheid spandeer op so veel vlakke as moontlik. Ek moet ook sekere geleenthede bywoon. Ek beplan om hard te werk om ondermeer behoeftiges en die DBV op een of ander manier te help.

• Wat beplan jy om na matriek te doen?

Ek sal verder wil studeer in een van die volgende rigtings: inligtingstegnologie, sterrekunde en planete of argeologie. Ek word ook tans deur my pa as ‘n goudsmid (maak juwele) opgelei. Verder beplan ek ook om my model werk tot op die hoogste vlak te vat.

• Hoe oorkom jy teleurstellings?

Deur my geloof en ook om altyd positief te wees, nooit op te gee en altyd klaar te maak waarmee ek begin.

• Wat kan jy glad nie verdra nie?

Ek kan nie boelies en oneerlikheid verdra nie.

• Wat sal jou boodskap aan die jeug van Suid-Afrika wees?

Glo altyd in God maar glo ook in jouself. Staan sterk en wees positief en onthou altyd: jou eie keuses en besluite bepaal jou lewe en toekoms.

• Indien jy die geleentheid kry, sou jy immigreer en na watter land en waarom?

Al kry ek die geleentheid, sal ek nooit wil emigreer omdat ek trots Suid Afrikaans is, maar sal graag lande soos Italie, Rome en Switserland wil besoek.

• Wat is jou gunsteling gereg?

Definitief garnale.

• Van watter kos hou jy glad nie?

Ek hou nie van mielies nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button