LettersOpinion

Hierdie plan kan werk

Hengelaar, van Brakpan-Noord, skryf: Die Metro mors hulle tyd om eers te probeer om daardie masjien te laat werk.

Hengelaar, van Brakpan-Noord, skryf:

Met verwysing na die voorblad van die Herald van 5 Mei (Watermaster is kapoet).

Die Metro mors hulle tyd om eers te probeer om daardie masjien te laat werk.

Daardie ding gaan vir die volgende paar jaar moet werk om die hiasinte uit te haal, want so vinnig as dit op een plek uitgehaal word so vinnig groei dit maar net weer op ‘n ander plek.

Al wat gaan werk is as daardie plante uitgesleep word met ‘n ketting. Dit sal beteken dat twee bote met klein motors gebruik moet word.

‘n Ketting word tussen die bote gespan en so word die hiasinte na een plek getrek sodat dit uitgehaal kan word.

Ek is seker daarvan daar is ouens in die dorp wat sal kan help hiermee.

Daardie Watermaster haal te min op ‘n slag uit en dit gaan net weer breek, dis nou te sê as dit ooit reggemaak gaan word.

Lees ook:

Vislewe het moontlik ‘n knou gekry

Hyacinth puts the choke on Brakpan Dam

Where’s the dam?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button