MunicipalNews

Metro verduidelik waarom hiasinte nie meer uitgehaal word

Die Herald het die Ekurhuleni Metro gevra om die huidige stand van sake te verduidelik.

Daar word die afgelope twee weke geen hiasinte uit die Brakpan Dam verwyder nie, nadat die gespesialiseerde masjien (Watermaster), wat die taak moet verrig, onklaar geraak het.

Lees: Watermaster has arrived

Die reuse hope onkruid, wat wel deur die masjien verwyder is, lê in onooglike hope op die oewer van die dam en verrot.

Die Herald het die Ekurhuleni Metro gevra om die huidige stand van sake te verduidelik.

Die volgende kommentaar is ontvang.

Volgens ‘n woordvoerder van die Metro is daar tans ‘n probleem met een van die stabiliseerders en sal die werk eers kan hervat word nadat die probleem aangespreek is.

Die woordvoerder  het gesê  die masjien behoort binne die volgende drie weke herstel  te word en dan sal die werk kan voortgaan.

Die hope hiasinte wat reeds verwyder  is bevat sowat 85 persent water en sal langs die dam gelaat word om eers uit te droog voordat dit na die Brakpan kompos fasiliteit geneem sal word.

Lees ook:

Vislewe het moontlik ‘n knou gekry

Hyacinth puts the choke on Brakpan Dam

Where’s the dam?

Related Articles

Back to top button