Editor's choiceLocal newsNews

Ons gee nog 20 kaartjies weg vir die Groot Moskou-sirkus

Met meer as 65 sirkus supersterre, insluitende die beste van Rusland en die room van die internasionale sirkus wêreld, beloof die Groot Moskou-sirkus om ‘n absolute onvergeetlike ervaring te wees.

Groot Moskou-sirkus (Great Moscow Circus) is sedert Vrydag by Carnival City te sien en inwoners kan die skouspel nog tot Sondag (9 April) beleef.

Die Herald het verlede week vir een leser die kans gegun om vier kaartjies asook hotelverblyf en etes te wen.

Die gelukkige wenner was Engela van der Westhuizen van Rand Collierieswat die sirkus Vrydagaand saam met haar drie dogters gaan geniet het.

Goeie nuus is dat ons nog 20 kaartjies weggee en vyf gesinne kan elk vier kaartjies wen.

Met meer as 65 sirkus supersterre, insluitende die beste van Rusland en die room van die internasionale sirkus wêreld, beloof die Groot Moskou-sirkus om ‘n absolute onvergeetlike ervaring te wees.

Die snaaksste narre, akrobate wat angswekkende vertonings lewer en waaghalse wat jou na jou asem sal laat snak is maar ‘n paar dinge om na uit te sien.

Die sirkus het meer as 100 ton se toerusting saamgebring en die twee-uur program is sensasionele gesinsvermaak uit die boonste rakke.

Skryf so in vir die kompetisie:

  • Stuur vandag nog ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za
  • Meld jou naam en van asook ‘n adres en telefoonnommer in die e-pos.
  • Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brakpan.
  • Slegs een inskrywing (e-pos) per persoon sal aanvaar word.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is môre oggend Dinsdag (4 April) om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button