Editor's noteMunicipalNews

Só kan jy verkeersbeamptes, wat verkeerd optree, rapporteer

Motoriste wat voel dat hulle in situasies beland waar hulle onregmatig deur lede van die EMPD behandel word, kan die situasie rapporteer.

Die EMPD het Donderdag ‘n verklaring uitgereik waarin daar aangedui word dat ondersoek ingestel word na ‘n video, wat in Edenvale geneem is, op sosiale media versprei is.

In die video kan gesien word hoe ‘n lid van die EMPD gekonfronteer word deur ‘n motoris, Diederick Stopforth. Die verkeersbeampte weier om sy naam vir Stopforth te gee en dit blyk dat hy dan sy foon uit sy hande stamp.

Die Herald het ‘n besluit geneem om nie die  video by die berig te plaas nie, vir die rede dat dit die uitkoms van die ondersoek, wat tans aan die gang is, kan belemmer.

Volgens die EMPD se woordvoerder, Wilfred Kgasago is daar reeds met ‘n ondersoek na die voorval begin en daar word ook ‘n beroep gedoen op mense, wat moontlik met die ondersoek kan help, om na vore te kom.

Volgens Kgasago sal die uitkoms van die ondersoek bepaal watter verdere stappe geneem sal word.

Die publiek, wat hulself in soortgelyke situasies bevind, word versoek om Kgasago te kontak by  083 652 9914 of per e-pos by wilfred.kgasago@ekurhuleni.gov.za

Lees ook:

Dubious actions by EMPD questioned

Two metro police assault incidents in just four days

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button