LettersOpinion

Haweloses word aangerand

Jonathan Vosloo, Brakpan-sentraal, skryf: Dit is nie reg dat ons aangerand word en ons goed gebrand word nie.

Jonathan Vosloo, Brakpan-sentraal, skryf:

Ek wil graag weet wat ons mense, wat op straat is en geen heenkome het nie, se regte is.

Oral waar ons staan of in die parke sit en gesels word ons deur onder andere die polisie, sekuriteitsmaatskappye, die CPF en ook ander georganiseerde groepe aangerand en met pepersproei gespuit. Ons enigste besittings word aan die brand gesteek of weggegooi.

Nou sê die mense hulle wil vir ons kamers gee, maar ons vrouens of vriendinne mag nie by ons slaap of bly nie.

As hulle dan wil hê ons moet nie in die parke of op stoepe slaap nie, moet hulle sien dat ons ordentlike en veilige plekke het om te kan bly en waar ons nie van ons geliefdes geskei word nie.

Hulle moet ook nie ons lewe vir ons lei nie.

Dit is nie reg dat ons aangerand word en ons goed gebrand word nie.

Hoe sal die mense voel as hulle op hierdie manier behandel word?

Ek daag hulle uit om die lewe te probeer lei wat ons het, want ek weet hulle kan nie.

Lees ook: 

‘Ons slaap onder ‘n boom, want ons kry nie werk nie’

Haweloses voer sukkel bestaan 

Geen ander keuse as om snags buite te slaap nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button