CrimeEditor's choiceNews

Motorfietsdiewe slaan weer toe: Drie motorfietse uit motorhuis in Brakpan gesteel

Die Brakpan SAPD neem die vlaag van diefstalle in ‘n baie ernstige lig op en het die eienaars van motorfietse en lede van motorfietsklubs gevra om na vore te kom met voorstelle om dié misdaad hok te slaan.

Geslote hekke, slotte en grendels is skynbaar nie genoeg om die vlaag van motorfietsdiefstal in die dorp hok te slaan nie.

Dit het ‘n inwoner van Brenthurst vanoggend (Vrydag) besef toe drie van sy motorfietse uit sy motorhuis gesteel is.

Theuns Annendale (57) van Zeemanstraat, Brenthurst, het die nuutste slagoffer geword van motorfietsdiewe, wat die afgelope tyd baie bedrywig in die dorp is.

Lees: Pasop! Diewe soek nuwe speelgoed

Diewe het in die vroeë oggendure die slot van sy hek oopgebreek en daarna die motorhuisdeur oopgebreek om by die drie motorfietse uit te kom.

‘n Suzuki Boulevard 1800 (2012 model), ‘n Suzuki Boulevard 800 (2012 model) en ‘n Kawasaki ZX 10 (2009 model) is gesteel.

“Ek en my vrou, Pikkie (53), het ongeveer 9nm gaan slaap,” het Annendale vertel.

Volgens hom het sy seun, wie se woonstel aan die motorhuis grens, eers na 11nm gaan slaap.

“Ek glo die diewe het eers na middernag toegeslaan. Ons het absoluut niks gehoor nie,” het Annendale gesê.

“Toe my vrou vanoggend opstaan, het sy opgemerk dat die slot van die hoofhek oopgebreek is en dat die motorhuisdeur half oopgestaan het.”

Die Brakpan SAPD neem die vlaag van diefstalle in ‘n baie ernstige lig op en het die eienaars van motorfietse en lede van motorfietsklubs gevra om na vore te kom met voorstelle om dié misdaad hok te slaan.

Persone wat belangstel om die SAPD hieroor te woord te staan, kan die woordvoerder vir die Brakpan SAPD, Kapt Pearl van Staad, by 011 740-1825 kontak.

Lees ook: 

Diewe steel graag batterye

So maak jy diewe se lewe baie maklik 

VIDEO: Diewe steel kar helder oordag in Brakpan binne twee minute

Is jou motor regtig gesteel?

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button