LettersOpinion

Ek haal my hoed af vir die pa

Hy moes basies kies tussen sy vrou en sy kinders en hy het nie veel van ’n keuse gehad nie.

Alet Vermeulen, Dalview, skryf:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 17 Februarie (Dapper pa red sy kinders).

Ek het hoendervleis gekry toe ek die berig gelees het. Ek kan my net nie indink hoe angsvol die hele situasie vir die pa moes gewees het nie.

Hy moes basies kies tussen sy vrou en sy kinders en hy het nie veel van ’n keuse gehad nie.

Ek haal my hoed af vir die man se dapperheid. Dit kon in so ’n tragedie ontaard het. Ek kan my ook nie indink hoe die mamma moes gevoel het nie. Sy was magteloos.

Ek glo die Here se hand van beskerming was op daardie aand oor hierdie gesin. Dankie ook aan al die ander rolspelers wat gesorg het dat hierdie storie ’n gelukkige einde gehad het.

Verder hoop ek maar net dat volgehoue instandhouding gedoen sal word om te voorkom dat so iets weer gebeur.

Lees ook: 

Tweeling, wat uit water gered is, is tuis

Baba brand erg toe hy in smeulende as val

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button