CrimeEditor's noteNews

Reeksmoordenaar in Brakpan: Polisie verduidelik

Die lyke van drie vroue wat sedert Oktober, verlede jaar, in die dorp ontdek is, het die vraag laat ontstaan of dit moontlik die werk van  ‘n reeksmoordenaar kan wees.

Kapt Pearl van Staad, woordvoerder van die Brakpan SAPD het by navraag gesê dat daar geen rede is om te vermoed dat die voorvalle verbind kan wees nie.

“Daar is nie ooreenkomste tussen die drie voorvalle nie,” het sy bygevoeg.

In die geval van Isabel Venter (50)  wie se lewelose liggaam  verlede jaar op ‘n sypaadjie in Derbylaan gevind is, is die geregtelike doodsondersoek steeds aan die gang.

Geregtelike doodsondersoeke  word ook gedoen na die lyk van Colleen Kinnear (44), op 17 Januarie  in ‘n veld op die hoek van Germainslaan en Highstraat gevind is, asook nadat  die liggaam van ‘n 55-jarige vrou van die Mkhankwa Plakkerskamp, Dinsdag ontdek is.

Lees ook: 

Opvolg: Lyk op sypaadjie

Lyk in veld is uitgeken

Derde lyk van ‘n vrou in veld gevind

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button