Editor's choiceLettersOpinion

Karwag kom tot die redding

Ronald het ons dag gemaak en ek wil vir hom baie dankie sê.

Hanri Swanepoel, Dalpark, skryf:

Ek is nie ‘n persoon wat sommer vir ‘n karwag ‘n fooitjie gee nie. Nie omdat ek nie wil nie, ek kan dit nie bekostig nie.

Ek en my man lewe op ‘n pensioen en daar is nie ekstra geld nie.

Ons was verlede week by ‘n besige winkel in Dalview en ons was bietjie haastig. Ek weet nog steeds nie hoe dit gebeur het nie, maar my man se beursie het uit sy broeksak geval en soort van onder die kar ingeval.

Ons het weggestap sonder om dit agter te kom. Die karwag het dit gesien, die beursie opgetel en agter ons aangehardloop om dit weer vir ons terug te gee.

Daar was omtrent R400 in die beursie. Vir ander mense is dit seker nie baie geld nie. maar vir ons het daardie R400 baie beteken. My man se bestuurderslisensie was ook in die beursie.

Die karwag het gesê sy naam is Ronald. Ons het vir hom ‘n geldjie gegee en ek wens ek kon vir hom meer gegee het.

As ons die R400 verloor het en weer moes aansoek doen vir ‘n lisensie sou dit ‘n groot verlies gewees het.

Ronald het ons dag gemaak en ek wil vir hom baie dankie sê.

Lees ook: 

A greet and a smile goes a long way

Gestremde karwag probeer ‘n bestaan voer

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button