Editor's choiceLettersOpinion

Waar is die duur masjiene?

Ekurhuleni sit met ‘n baie groot probleem. Hulle kan nie net sit en hoop die probleem sal weggaan nie.

Wouter Coetzee, Brakpan-sentraal, skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 13 Januarie, “Invasive water hyacinth puts the choke on Brakpan Dam“.

Ek vang al baie jare vis by die dam en is ernstig bekommerd oor al daardie plante wat nou so oorneem.

Die plek waar ons kan visvang word al hoe minder. As ek reg onthou, het Ekurhuleni ‘n paar jaar terug masjiene gekoop wat die goed kan uithaal. Dit het baie geld gekos.

Ek wil graag weet waar daardie masjiene is en hoekom dit nie gebruik word om die plante uit die dam te haal nie?

Die probleem met daardie plante is dat alles uitgehaal moet word.

As daar net een stukkie agter bly sal dit maar net weer groei.

So Ekurhuleni sit met ‘n baie groot probleem. Hulle kan nie net sit en hoop die probleem sal weggaan nie.

Ons betaal belasting en dit is die enigste plek waar ons kan visvang hier naby.

Redakteur se nota: Die Ekurhuleni Metro is gevra vir kommentaar. Sodra dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

Lees ook: 

Metro tackles hyacinth problem 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button