Editor's choiceLocal newsNews

Dronk vloekende man spuit motoris met pepersproei

“Ek is seker die mans was onder die invloed van drank en dit was ‘n siek speletjie wat hulle gespeel het.”

‘n 60-Jarige man van Brenthurst is Dinsdagmiddag met pepersproei in die gesig gespuit, deur ‘n motoris wat langs hom stilgehou het.

Die voorval het in Athlonelaan plaasgevind, toe die inwoner van Brenthurst by ‘n verkeerslig stilgehou het.

“My venster was oop en die man het langs my stilgehou en my geroep. Toe ek in sy rigting kyk, het hy my vreeslik begin vloek. Die volgende oomblik het hy oorgeleun en pepersproei direk in my gesig gespuit.”

“Ek het gelukkig ‘n sonbril gedra, maar dit het nie veel gehelp nie. Ek kon nie dadelik verder ry nie,” het die man vertel.

Volgens hom het die booswig ‘n wit Toyota Corolla bestuur. Die man het ‘n rooierige baard gehad en daar was nog twee persone saam met hom in die voertuig.

“Ek is seker die mans was onder die invloed van drank en dit was ‘n siek speletjie wat hulle gespeel het,” het die inwoner van Brenthurst gesê.

Lees ook:

Besope man gil by hek, ontstel kinders

Dronk bure loop kaal, vloek en skel 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button