Editor's noteLocal newsNews

Jong Samantha wil ‘n voorbeeld vir ander wees

“Ek gaan die titel met eer en respek dra en ‘n voorbeeld vir toekomstige deelnemers en wenners wees.”

Vanjaar was beslis ‘n blink jaar vir die 14-jarige Samantha Nortjé.

Dié op en wakker tiener van Hoërskool Die Anker is vroeër vanjaar gekroon as Mej Allegretto Gauteng.

Dit was vanjaar die eerste keer dat daar, tydens die Allegretto Nasionale Eisteddfod, ‘n Tiaras afdeling aangebied is en dit was juis dié titel wat Samantha ingepalm het.

Sy is tydens ‘n gala-aand gekroon en het ook prestige toekennings vir al drie items waaraan sy deelgeneem het ontvang.

“Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om die heel eerste Mej Allegretto Gauteng te wees en ek is baie dankbaar teenoor almal wat my ondersteun het,” het Samantha gesê.

“Ek gaan die titel met eer en respek dra en ‘n voorbeeld vir toekomstige deelnemers en wenners wees,” het sy bygevoeg.

Samantha is ook vroeër vanjaar aangewys as Mej Anker 2016 in die junior afdeling en tydens ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Witfield Kinderhuis, is sy gekroon as Mej Spring Envy 2016.

“Vanjaar was vir my ‘n goeie en leersame jaar en ek hoop om volgende jaar te kan voortbou op dit wat ek bereik het,” het die jong skoonheid gesê.

Lees ook:

Samantha beïndruk die beoordelaars

Die Anker kies Mnr en Mej Anker 2016

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button