Editor's noteLocal newsNews

Meld dadelik misdaad in winkelsentrum aan

"Dit is noodsaaklik ten einde vir ons om die saak stiptelik te ondersoek."

Read the English version here

Die Mall@Carnival bestuurspan doen ‘n beroep aan kliënte wat misdaad of diefstal van enige aard in die winkelsentrum ondervind het, die sentrum se bestuur- en sekuriteitspan onmiddellik in kennis daarvan stel.

“Dit is noodsaaklik ten einde vir ons om die saak stiptelik te ondersoek,” het Shiley McPherson, Mall@Carnival bemarking-koördineerder, gesê

“Dit gee ook vir ons span die geleentheid om te identifiseer of jou eiendom nogsteeds op die perseel is, wat slegs moontlik is indien die geval op dieselfde dag aangemeld is.

“Sodra jy die saak aan ons bestuur- en sekuriteitspan aangemeld het, moet jy dit dan eers aanmeld by die SAPD.”

Volgens McPherson, was daar baie gevalle waar versekeringsmaatskappye hul eie ondersoek uitvoer en ontdek dat die saak nooit aangemeld word aan die bestuur of sekuriteit, wat lei tot baie van hierdie gevalle wat bevestig word as bedrog.

“Ons doen ‘n beroep aan ons kliënte om hierdie prosedure in die toekoms te volg,” het sy bygevoeg.

Lees ook:

What to do in a mall robbery

Life-saving safety tips for women

Helping cash-in-transit officers keep you safe

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button