Editor's noteLocal newsNews

Jou spesiale resep kan jou R1 000 in die sak bring

Ons beplan om van die resepte wat ons ontvang met die res van die gemeenskap te deel en die een wat vir ons die meeste uitstaan gaan beloon word met 'n wonderlike prys.

Die feesseisoen en Kersfees is om die draai.

Hand aan hand daarmee gaan lekker kos, heerlike poedings en interessante drankies.

Lees: Are you ready to cook up a storm? Try these meal-friendly apps

Die Herald wil graag van lesers hoor watter eet- en drinkgoed hulle oor die feesseisoen voorberei en ons wil ook jou gunsteling resep hê.

Dit kan resepte wees vir jou gunsteling poeding, vleisgereg, drankie, koek, tert, koekies, beskuit, brood, ens.

Ons beplan om van die resepte wat ons ontvang met die res van die gemeenskap te deel en die een wat vir ons die meeste uitstaan gaan beloon word met ‘n wonderlike prys.

Die persoon wat die wen-resep instuur sal ‘n R1 000 koopbewys van VC Superspar, in Dalview, ontvang.

Gaan soos volg te werk om jou resep by ons uit te kry.

Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za met die volgende inligting:

• Meld eerste die naam van jou resep.

• Meld dan die bestandele en die hoeveelhede.

• Meld dan die metode.

• Indien jy ‘n foto van die gereg het, moet jy dit aanheg.

• Die belangrikste faktor is egter om ‘n foto van jouself aan te heg. Geen resep sal in ag geneem word vir die prys, indien die persoon wat dit instuur nie sy of haar foto aanheg nie. Die Herald wil van die resepte publiseer, tesame met ‘n foto van die persoon wat dit ingestuur het.

• Indien jy spesiale inligting oor die resep het (soos as jy dit byvoorbeeld al ‘n 100 keer gemaak het, of as dit jou oumagrootjie se ouma se ouma se resep was, kan jy dit gerus ook meld).
Onthou, ons wil graag resepte ontvang wat mense al vir jare met sukses maak, en wat werklik treffers is.

• Meld ook jou naam en van, asook ‘n kontak telefoonnommer in die e-pos.

Persone wat nie toegang tot die internet het nie kan hul resepte en foto’s per hand by die Herald se kantoor, te Van der Waltweg 61, inhandig. Onthou om ook ‘n kontak telefoonnommer te meld.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag, 21 November, om 9vm. Die wenner sal in die Herald van 25 November aangekondig word.

Lees ook: Top hosting techniques for your Christmas dinner

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button