Local newsNews

Help om 50kg klere te versamel

“Ons hoop dat die kardoesie-projek ons in staat sal stel om talle minderbevoorregtes te kan help."

Die Rata Maatskaplike Dienste (voorheen Ondersteuningsraad) is tans besig met ‘n interessante projek.

Die organisasie het onlangs ‘n kardoesie- en klereprojek van stapel gestuur in ‘n poging om gedurende Desember voedsel en klere aan behoeftiges te skenk.

Die organisasie het bruin papiersakkies beskikbaar gestel, wat belangstellendes kan vul met ‘n nie-bederfbare produk. Die tipe produk wat in elke sakkie geplaas moet word, word op die sakkies aangedui.

Op 12 November gaan personeel van Rata poog om ‘n 2km lange ry te vorm met die kardoesies wat terug ontvang is.

‘n Ander mikpunt is om ook 50kg klere bymekaar te maak.

“Ons gee elke jaar in Desember, net voor ons sluit, kospakkies en klere aan behoeftiges,” het ‘n woordvoerder van die organisasie gesê.

“Ons hoop dat die kardoesie-projek ons in staat sal stel om talle minderbevoorregtes te kan help.”

Die publiek kan kardoesie-sakkies by die Rata Maatskaplike Dienste, in Parkstraat, gaan afhaal.

Almal word uitgenooi om op 12 November die gevulde sakkies, asook enige ander nie-bederfbare kosprodukte en toiletware, na Rata se perseel te neem.

Die kardoessakkies sal op die parkeerterrein, aangrensend aan Rata se kantore uitgepak word, in die hoop om ‘n 2km lange ry te vorm.

Klere kan ook op dié dag geskenk word om die doelwit van 50kg te bereik.

Musiek sal verskaf word en boereworsrolle sal te koop aagebied word.

Vir enige verdere navrae kan die Rata kantoor by 011 740-9310 geskakel word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button