BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Chene Hutton ken.

Chene Hutton (12) is die hoofdogter van Laerskool Môrewag. Sy woon saam met haar ouers, George en Marinda, in Sonneveld en het twee ouer broers Michael (20) en Greg (22).

• Noem ’n hoogtepunt wat jy die afgelope jaar beleef het?

Die hele jaar met al die aktiwiteite daarin is vir my ’n hoogtepunt, maar as ek iets moet uitsonder sal dit my deelname aan die revue wees.

• Was daar ’n laagtepunt?

Nee, ek fokus op positiewe dinge en my geloof leer my dat Jesus my rots is wat my deur enige situasie sal lei.

• Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?

Natuurwetenskap. Dit is interessant en ek geniet dit baie om meer te leer oor die natuur en ekostelsels.

• Watter vak geniet jy die minste en hoekom?

Ek kan nie ’n vak uitsonder nie.

• Beoefen jy sport by die skool?

Ja, ek het hierdie jaar vir my skool se eerstespan netbal en hokkie gespeel.

• Wat is jou stokperdjies?

In my vryetyd geniet ek dit om te skets, sing en om netbal en hokkie te oefen. Ek beplan ook om weer modelwerk op te neem.

• Wat maak jou gelukkig?

My familie, skool, my seëninge en natuurlik as my boeties my so bederf.

• Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?

Nog nie eintlik nie, maar ek wil beslis met mense werk.

• Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?

Definitief die Kaap. Dit is pragtig daar en daar is soveel om te doen.

• Dink jy daar is hoop vir die jongmense van hierdie land?

Definitief. Jongmense moet voluit leef, struikelblokke is net tydelik. As ons positief dink is niks onmoontlik nie.

• Is daar iets wat mense nie van jou weet nie?

Ja, ek hoor ek praat in my slaap.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button