CrimeNews

Drie mans doodgeskiet, twee beseer naby Anzac

Die Brakpan SAPD het by monde van kapt Eddie Ramohlola, wat die naweek die diensoffisier is, bevestig dat drie mans gisteraand (Saterdag) doodgeskiet is toe hulle deur ‘n groep mans oorval is.

Die aanvallers het glo sonder waarskuwing op die groep losgebrand.

Volgens Ramohlola is twee mans ook tydens die skietery beseer.

Beide die beseerdes is na ‘n naby geleë hospitaal geneem.

Volgens Ramohlola het die mans ongeveer 9nm langs die pad, naby die Plastiek Plakkerskamp, net buite Anzac gesit.

‘n Onbekende aantal mans het hulle genader en op die groep begin skiet.

Die drie oorledenes is op die toneel dood.

Die motief van die aanval is nie bekend nie.

Volgens inligting is die mans glo onwettige myners (Zama-Zamas).

Die voorval word ondersoek en meer inligting sal volg.

Lees ook:

Harde werk vir bietjie geld

Pa en dogter op geskiet nadat groot bedrag geld getrek is

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button