Local newsNews

‘n Boer maak ‘n plan

“Ek wou anders wees en het al op laerskool besluit dat ek eendag as ’n Boer matriekafskeid toe gaan,” het Francois Lessing, ’n matriekleerling aan Hoërskool Die Anker, vertel.

Die jong paartjie Francois Lessing en Abegail Griessel, albei 18-jaar-oud, het koppe laat draai by Hoërskool Die Anker se matriekafskeid met hulle unieke uitrustings.

Francois Lessing en Abegail Griessel.
Francois Lessing en Abegail Griessel.

“Ek wou anders wees en het al op laerskool besluit dat ek eendag as ’n Boer matriekafskeid toe gaan,” het Francois, ’n matriekleerling aan Hoërskool Die Anker, vertel.

“Het altyd net gehoop ek het ’n meisie wat bereid gaan wees om my te vergesel in die kleredrag. Gelukkig het ek ’n wonderlike meisie gekry wat meer as bereid was om so aan te trek.”

Nie net was sy metgesel Abegail bereid om soos ’n Boerenooientjie aan te trek nie, sy het haar ook nie daaraan gesteur om soos menige meisies op te tof vir die matriekafskeid nie.

“Ek het my kappie slegs afgehaal toe ek geëet het. Ek het ook nie grimering aangehad nie, want hulle het nie in daai tyd grimering gedra nie,” het Abegail gesê. Haar uitrusting was spesiaal laat maak vir die geleentheid.

“My vriende was nogal skepties oor my keuse. Met aankoms by die matriekafskeid het ons wel baie toejuiging van beide ouers en onderwysers ontvang,” het Francois vertel.

Vir hulle gekose vervoermiddel het die paartjie in ’n 1957 Volkswagen Beetle opgedaag by die matriekafskeid.
Vir hulle gekose vervoermiddel het die paartjie in ’n 1957 Volkswagen Beetle opgedaag by die matriekafskeid.

Hy het bygevoeg dat hy dankbaar is vir almal se ondersteuning, harde werk en bydrae om die jarelange droom te bewaarheid.

“Graag wil ek ook net aan my ouers en Abegail dankie sê vir die ondersteuning met die keuse van my matriekafskeid klere. Dan ook vir Hoërskool Die Anker vir die lekker manier om my skoolloopbaan af te sluit.”

Kyk hier na meer foto’s 

Kyk ook na Hoërskool Die Anker se matriekafskeidfoto’s

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button