LettersOpinion

Ouers moet nie kinders begrawe nie

Vir my is dit net een dag op ‘n slag en ek bid vir al die ouers wat al kinders moes begrawe.

Hartseer van Dalview skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 16 September (Ma se pyn oor kind se dood).

Hoe hartseer is daardie berig nie. Geen ouer verdien om ‘n kind te begrawe nie. My seun is 10 jaar gelede in ‘n motorongeluk oorlede en my pyn het nog nooit weggegaan nie.

Om ‘n kind op so ‘n wrede manier te verloor moet baie erg wees. Ek sal nooit verstaan waarom hierdie dinge oor ons pad gebring word nie.

Vir my is dit net een dag op ‘n slag en ek bid vir al die ouers wat al kinders moes begrawe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button