Editor's noteLocal newsNews

Kommer oor honde wat in Brakpan vergiftig word

“Na die ander vier honde wat ook onlangs vergiftig is, glo ek inwoners van die dorp moet op hul hoede wees.”

‘n Minnebron gesin is Maandag getraumatiseered gelaat, nadat hulle opgemerk het dat hulle skaaphond vergiftig is, toe die hond in die huis hulp kom soek het.

Antionette Venter het aan die Herald vertel dat sy Sondagoggend, omtrent 12.30vm, ‘n verdagte swart kar opgemerk het wat voor hulle huis, geleë op die hoek van Farquharson- en Lowerstraat, gestaan het.

“Die kar was baie verdag gewees en die honde het aanhoudend geblaf. Darem het ek gesien toe ‘n wit bakkie verby my huis ry, het die kar verdwyn,” het Antionette gesê.

Sy het bygevoeg dat die honde die res van die naweek baie onrustig was en dat hulle skaaphond, Lassie, Maandagoggend vreemd opgetree het.

“Lassie het in die huis gekom, wat sy nooit gewoonlik doen nie, en toe sien ek hoe die skuim al by haar mond was,” het Antionette vertel

Lassie is dadelik veaarts toe geneem. en die veaarts het opgemerk dat die hond net betyds gebring is.

“Ek is bly ons het Lassie net betyds by die veearts gekry en darem was sy die enigste hond op ons erf wat vergiftig is,” het Antionette gesê.

Dinsdag het Antionette aan die Herald vertel dat Lassie nog swak is, maar dat dit darem goed gaan.

“Op die oomblik hou ek eerder al die honde in die huis. Dit is net beter so vir die honde se veiligheid,” het sy vertel.

Sy het bygevoeg dat sy op die Herald se webtuiste gelees het van die honde wat onlangs in Kitzingerlaan vergiftig is (Vier honde binne ‘n week vergiftig) en het haar kommer daaroor uitgespreek.

“Ek het die Brakpan SAPD en buurtwag in kennis gestel oor die insident wat plaasgevind het. Na die ander vier honde wat ook onlangs vergiftig is, glo ek inwoners van die dorp moet op hul hoede wees,” het Antionette afgesluit.

Lees ook:

Starving boerboel on the mend

Related Articles

Back to top button