Editor's noteLettersOpinion

Ouer se hart is seer oor sy eie kind en ander se dwelm gewoontes

Ek as ’n ouer het gedink dit sal nooit met ons gebeur nie omdat ons so streng was met ons seuns.

Bekommerde ouer skryf per e-pos:

Ai, wat gaan met ons dorp aan?

Dit is vir my ’n bitter pil om te sluk wanneer ek sien hoe Brakpan agteruitgaan.

Ek moes onlangs my seun gaan bystaan nadat hy gearresteer was vir die besit van dwelms.

Ek as ’n ouer het gedink dit sal nooit met ons gebeur nie omdat ons so streng was met ons seuns.

En toe kom die verleentheid.

Dit was vir my en my vrou so swaar om die situasie te beleef.

Ons as ouers probeer so hard om ’n lewe te skep vir onsself en ons kinders.

Toe ons in die hof sit en al die jongmense sien wat aangekla word vir die besit of gebruik van dwelmmiddels, dagga ensovoorts, het dit my geskok.

Die klomp het geen berou getoon nie.

Lees: Seun sê vir sy ma dit is lekker om ‘drugs’ te gebruik

Ander was al meer as een keer daar en tog gebruik hulle nog steeds die goed.

Nou vra ek myself: Hoekom? Waar gaan ons as ouers dan verkeerd?

Die strate is vol jongmense wat nie ’n dak oor hul koppe het nie; ander sit op sypaadjies en bedel vir geld.

Waar is die ouers van al hierdie jongmense?

Die SAPD help, maar kan ook net soveel doen.

Ons het ’n paar plekke aan die polisie uitgewys, maar kort voor lank was die dwelmsmouse maar weer terug om besigheid te doen.

Dit maak my hart so seer om te sien wat hier aangaan en tog is my hande eintlik afgekap.

Ek sien hoe slaap jongmense onder die brûe, by die treinstasie en in die veld.

Ai, dit is baie hartseer.

Lees ook: Onwettige dobbelplekke verwoes jong vrou se lewe

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button