CrimeEditor's noteNews

Kalm inbrekers steel motorfiets

Die diewe, wie se daad op sekuriteitskameras vasgevang is, het baie gemaklik en kalm voorgekom.

Twee inbrekers het in die vroeë oggendure van Dinsdag by JD Pawnshop, in Prince Georgelaan, ingebreek en binne ‘n japtrap met ‘n motorfiets en televisiestel weggekom.

Die diewe, wie se daad op sekuriteitskameras vasgevang is, het baie gemaklik en kalm voorgekom.

Hulle het ‘n veiligheidshek oopgebreek en dadelik ‘n blou Suzuki Motorfiets, waarvan die waarde sowat R35 000 is, uit die winkel gestoot.

Daarna het een van die booswigte teruggekeer en ‘n platskerm televisiestel van ‘n rak afgehaal.

Die voorval is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Lees ook:

Stolen car recovered after shoot-out in Brenthurst 

Suspected burglar injured in shoot-out with police

Related Articles

Back to top button