Local newsNews

Super 16-krieket begin vandag by Laerskool Die Arend

“Dit is ‘n prestige-toernooi hierdie, waar krieketspelers die geleentheid kry om hul ware talente ten toon te stel.”

Laerskool Die Arend is vanjaar weer vanaf vandag (Donderdag) die gasheerskool vir die Super 16-kriekettoernooi vir laerskole.

Die toernooi, wat vanjaar vir die negende keer gehou word, word beslis tussen die o-13 krieketspanne van 16 laerskole van die Oos-Rand.

Wedstryde word oor 12 boulbeurte per span gespeel en elke bouler mag nie meer as twee beurte boul nie.

Daar sal ook ‘n plaat-afdeling wees. Wenspanne sal nie net ‘n wisseltrofee ontvang nie, maar ook met prysgeld wegstap.

“Die toernooi is ‘n wonderlike geleentheid vir jong spelers om hul voorseisoen te begin, en so die krieketseisoen in te gaan met opgeskerpte vaardighede,”sê Tommie Momberg, organiseerder van die toernooi.

Die spelers sal ook sakke, kriekethoede, kos en nog meer van die hoofborg, KFC Brakpan, ontvang.

“Dit is ‘n prestige-toernooi hierdie, waar krieketspelers die geleentheid kry om hul ware talente ten toon te stel,” sê Momberg.

Die toernooi duur tot Donderdag, 28 Julie.

Deelnemende skole is: Laerskool Die Arend (Brakpan), Laerskool AG Visser (Heidelberg), Laerskool Baanbreker (Boksburg), Laerskool Brakpan-Oos (Brakpan), Laerskool Christiaan Beyers (Springs), Laerskool Concordia (Boksburg), Laerskool Dalview (Brakpan), Laerskool Die President (Germiston), Laerskool Elspark (Boksburg), Farrarmere Primary (Benoni), Laerskool Pam Brink (Springs), Laerskool Rynfield (Benoni), Rynfield Primary (Benoni), Laerskool Selection Park (Springs), Tom Newby Primary (Benoni) en die Laerskool Tini Vorster (Nigel).

Related Articles

Back to top button