LettersOpinion

Almal kla maar niemand lig ‘n vinger nie

Hoe is dit dat ons almal sit en wag dat “iemand anders” iets daaraan doen?

Inwoner skryf per e-pos:

Dit is vreeslik opvallend hoe lesers, week na week, almal probleme, wat ernstig en dringend aandag moet geniet, uitlig.

Soos byvoorbeeld die haglike toestand van die dam, die gevaar by die begraafplaas, ensovoorts.

Wat ek egter nooit sien nie, is enige soort voorstel vir ’n oplossing van die probleem.

Hoe is dit dat ons almal sit en wag dat “iemand anders” iets daaraan doen?

Waar is ons energie en inisiatief heen? Hoe gaan ons, ons kinders ooit leer om trots op enigiets te wees as ons dit nie vir hulle leer nie?

Ek stel dus die volgende voor en sal reaksie daarop verwelkom.

Ons moet in ons skole, programme daarstel waar vrywilligers en oortreders wat straf moet uitdien, gemeenskapsdiens kan onderneem.

Om die begraafplaas op te ruim of die rommel by die dam op te tel is nie ’n onbegonne taak nie, dit neem net ’n eerste stap en die ondersteuning van ouers en onderwysers.

In my opinie is daar geen belangriker les wat ons vir die volgende geslag kan oordra nie, dis als goed en wel om te bekommer oor die renosters en die droogtegeteisterde areas ensovoorts, maar hoe moet ons ooit empatie en liefde vir die medemens (gemeenskap) kweek as ons nie die kinders leer om te kyk na hulle erfenis hier voor hulle deur nie?

Lees ook:

Parks Department should hang its head in shame

Sewage flows into Brakpan Dam

Diewe steel selfs die vuilgoed

Another eyesore in the making

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button