Editor's choiceLocal newsNews

DBV liefdadigheidswinkel meer toeganklik

Daar word gehoop dat broodnodige fondse ingesamel sal word.

Read the English version here

In ‘n poging om fondse te genereer om tred te hou met die rekeninge en te verseker die deure bly oop, sal die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) ‘n liefdadigheidswinkel in die middestad oopmaak.

Die winkel, geleë op 340 Voortrekkerweg, sal amptelik môre (Saterdag) oopmaak.

Boeke en tweedehandse goedere word tans verkoop by die DBV se perseel in Withok, wat nie maklik toeganklik vir die publiek is nie.

Met die verskuiwing van die winkel na die middestad word daar gehoop om die uitdaging te oorkom en broodnodige fondse in te samel.

Die DBV het ‘n beroep aan die publiek gerig vir skenkings van die volgende items vir die winkel: hangrakke vir klere op hangers, rakke vir gevoude klere, toonbank, kleinkas, kwitansieboek, rubberstempel met logo en inligting (sal voorsien word), stoom strykyster en -plank, ketel, klerehangers, klein tafel en stoel.

Skenkings van meubels, tuingereedskap, ornamente, kinderspeelgoed, elektroniese items, kombuis items en selfs gordyne en lap is ook welkom.

Daar word gevra dat skenkings liefs na die nuwe liefdadigheidswinkel geneem moet word, en nie na Brakpan DBV se perseel nie.

Stuur ‘n e-pos aan riette@rapidspillresponse.com vir meer inligting.

Lees ook:

Brakpan SPCA suffers break-in

Monkey on the loose caught in Brakpan

SPCA on target with animal sterilisations

Join the SPCA at the Boeremark

Related Articles

Back to top button