LettersOpinion

Inwoner sluit haarself toe

My ma sluit haarself dag en nag in die woonstel toe.

Besorgde inwoner skryf per e-pos:

My ma woon in die enkelwoonstelle by Tweedy Park. Ek lees nou al vir ‘n rukkie al die berigte in die Herald oor die inwoners se bekommernisse.

Die plek was ‘n paar jaar gelede regtig waar ‘n plek om om op trots te wees. My ma bly nou maar eers drie jaar daar, maar ek het mense geken wat so paar jaar terug daar gebly het en ek het baie daar gaan kuier.

Die plek word nie meer na gekyk nie. Die meeste van die mense daar is oud en hulle kan nie meer tuinwerk en skoonmaakwerk doen nie.

Daar moet na die bestuur gekyk word, sodat dinge daar weer kan word soos dit was.

My ma sluit haarself dag en nag in die woonstel toe. Sy is te bang om bietjie rond te loop. Sy was eers gelukkig daar, maar nou is sy nie meer nie.

Lees ook:

Elderly deserve to be protected

Opskorting van hekwagte laat bejaardes onveilig voel

Elderly are still trapped in Tweedy Park

Tweedy Park woes continue

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button