EntertainmentLifestyle

Hierdie klug sal die lagspiere laat werk

Die oorspronklike There Goes the Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede.

Daa’ Gaat Die Bruid!, die Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se wegol-treffer, There Goes the Bride, word vanaf 7 tot 19 Junie in die Mardi Gras-teater, by Carnival City, opgevoer.

Die oorspronklike There Goes the Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede.

Daa’ Gaat die Bruid! spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debré Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh.

Frans Swart, van Lefra Prouksies, hanteer die regie en sê die lekkerste van hierdie klug is dat dit nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie, en dus ken niemand die storie of ontknoping nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button