BlogsOpinion

In die kollig

Leer Franco Oosthuizen ken.

Franco Oosthuizen (13) is vanjaar die hoofseun van die Laerskool Brakpan-Oos.

Sy ouers is Sanet en Jan Oosthuizen en hy het ‘n broer, Schano, wat ‘n matrikulant aan Hoërskool Die Anker is.

•Jy is vanjaar die hoofseun van die Laerskool Brakpan-Oos, het jy gedink jy sou die hoofleier word?

Ek het van graad een af by Laerskool Brakpan-Oos hard gewerk en voel dat my harde werk wel vrugte afgewerp het. Ek is trots om die hoofseun te wees in ons skool se 80ste bestaansjaar.

•Wat is jou pligte as hoofseun van die skool?

Ek strewe om altyd my skool se naam hoog te hou en my mede leiers en leerlinge te motiveer en te inspireer om die hoogste ideale te bereik en vir hulle ‘n voorbeeld te wees

•Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?

Ek het nie regtig ‘n gunsteling vak nie, ek hou van al die vakke wat aangebied word by die skool

•Watter vak sal jy liewer ‘n mis gee as jy kan?

Skeppende kunste. Ek is ‘n outjie wat hou van sport en buite wees, nie verf en dans nie.

•Beofen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem?

Ja, ek doen atletiek en speel rugby en krieket vir die skool se eerstespanne. Ek dink ook dit is belangrik om aan sport deel te neem, want dit help met sosiale en liggaamlike ontwikkeling.

•Dink jy daar is hoop vir die jong mense van hierdie land?

Ja, ons is die toekoms van die land en as ons ouers met voorbeeld lei dan kan ons kinders ook strewe na ‘n beter toekoms. As elkeen net hulle deel doen sal dit beter wees vir almal.

•Wat laat jou in die nag wakker lê?

Ek lê en wonder of al die minderbevoorregte kinders – nie net in die skool nie, maar van oral -wel warm slaap en iets het om te eet.

•As jy een wens het, wat bewaarheid sou kon word, wat sou dit wees?

Dat alle kinders wel ‘n veilige warm en sorglose heenkome het, en dat hulle baie liefde by hulle huise kry.

•Het jy al besluit wat jy eendag wil word?

Ek sal graag ‘n veearts wil word.

•Vang jy en jou vriende ooit nog kattkwaad aan?

Nee, kattekwaad is vir stoute kinders, en ek is ‘n voorbeeldige seun wat ook voel dat jy aan jou maats geken word, so ek kies my vriende ook daarvolgens.

•Verkies jy die see of die bos?

Ek hou daarvan om bos toe te gaan; by die see klim die sand orals in en dis nie lekker nie.

•Wie is jou gunsteling rugbyspeler en span?

Sonnybill Williams, die senter van die All Blacks-span, en verseker ook die All Blacks, want ek hou van die manier waarop hulle rugby speel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button