CrimeEditor's choiceNews

‘Dit is net ’n kwessie van tyd voordat iemand hier vermoor gaan word’

Inwoners van die Tweedy Park Kompleks, waarvan die groter meerderheid bejaardes is, is vir ’n geruime tyd al bekommerd omdat daar nie meer toegangsbeheer by die hek is nie.

“Ons het almal geweet dit is net ’n kwessie van tyd voordat diewe en inbrekers gaan toeslaan en ek gaan nie baie verbaas wees as een van die inwoners hier vermoor word nie.”

Dit is die woorde van Nico Oosthuizen (67), ’n inwoner van Tweedy Park wat Dinsdagnag besteel is.

Inwoners van die Tweedy Park Kompleks, waarvan die groter meerderheid bejaardes is, is vir ’n geruime tyd al bekommerd omdat daar nie meer toegangsbeheer by die hek is nie.

Die wagte, wat diens gedoen het, is onttrek aangesien daar onvoldoende fondse is om hulle te betaal.

Die kompleks bestaan uit vier komponente, naamlik die Eric Holdtman Dienssentrum, die Frank Mynhardt Sorgsentrum, ’n blok woonstelle vir enkelpersone en ’n aantal huise, wat deur twee persone bewoon mag word.

Oosthuizen woon in een van dié huise en het Woensdagoggend agtergekom dat hy besteel is.

Skelms het gedurende die nag ingekom en ’n aasbootjie, wat bo-op ’n sleepwa gemonteer was, asook ses katrolle uit die sleepwa gesteel.

“Die waarde daarvan is ongeveer R7 000 en ek sal dit nie kan vervang nie. Ek geniet dit om vis te vang en die goed was geskenke van my kinders,” het ’n ontstoke Oosthuizen gesê.

Volgens hom het booswigte ook vroeër die week by ’n ander huis toegeslaan terwyl die vrou besig was om wasgoed op te hang. Die diewe het glo weggekom met juwele en ’n jas.

Daar is ook, volgens Oosthuizen, by twee voertuie, wat by die woonstelblok geparkeer was, ingebreek.

“Hierdie is maar net die begin. Ons het nooit probleme gehad, totdat die hekwagte verwyder is nie.”

“Dit is net ’n kwessie van tyd voordat iemand hier vermoor gaan word,” het hy gesê.

Oosthuizen het Woensdagoggend by pandjieswinkels in die dorp gaan kyk of hy nie sy rooi aasbootjie kon opspoor nie.

Lees ook:

Elderly deserve to be protected

Related Articles

Back to top button