LettersOpinion

Begraafplaas is in haglike toestand

Ek kan nou regtig nie verstaan dat Ekurhuleni so min respek het vir Brakpan en sy mense nie.

Inwoner skryf per e-pos:

Ek het onlangs vlugtig ’n draai by die begraafplaas in Brenthurst gaan maak, waar my ma al 21 jaar rus.

Ek was geskok om te sien hoe sleg die plek lyk. Onlangs het die Ekurhuleni Metro gal gebraak in die koerant (Are you aware of these cemetery by-laws?) en aangedui dat ons nie blomme of ornamente op ons geliefdes se grafte mag plaas nie. Intussen sien die begraafplaas haglik daarna uit.

Ek het ure gesukkel om die knap-se-kêrels van my broek af te kry, nadat ek ’n pad moes oop veg tussen die kakiebos en lang gras om by my ma se graf uit te kom.

Nee man, kyk! Ek kan nou regtig nie verstaan dat Ekurhuleni so min respek het vir Brakpan en sy mense nie.

Die Ekurhuleni Metro is verantwoordelik om daardie stuk grond in stand te hou en te versorg.

Ek glo nie een van Brakpan se inwoners, wat familielede daar begrawe het, sal tevrede en gelukkig wees oor die haglike toestand wat die begraafplaas in is nie. Brakpanners, kom ons staan asseblief saam en sit druk op die metro om onmiddelik hulle laksheid te los en werk te maak daarvan om hulle plig teenoor die begraafplaas en inwoners van die dorp na te kom en die begraafplaas weer soos die gedenktuin te laat lyk soos dit hoort.

Die metro is vinnig om klippe te gooi en vermanings te maak oor blomme en die ornamente waarin die blomme geplaas word (hulle sal dit verwyder en weggooi). Maar hulle sny nie gras nie, verwyder nie onkruid tussen grafte nie, en maak nie meer skoon daar nie.

Hul behoort werk hiervan te maak en iets te doen omtrent daardie grond waar ons voorvaders begrawe lê. Sies man!

Lees ook:

Stringent cemetery by-laws aim to curb tombstone violations

Hoop dat wagte by begraafplase sal werk

Related Articles

Back to top button