LettersOpinion

Pensioenaris opsoek na sleutels

Dit is moeilik as ’n 65-jarige om alles te kan onthou en mens vergeet goed te maklik.

Mnr Grobler van Brakpan-sentraal skryf:

Dit is moeilik as ’n 65-jarige om alles te kan onthou en mens vergeet goed te maklik.

Ongelukkig het my vergeetagtigheid nou die dag my onkant betrap toe ek agtergekom het my kar se sleutels is weg. Dit is toe dat ek agtergekom het dat ek die sleutels op my vrou se kar se dak geplaas het en sy weggery het, sleutel en al nog op die dak.

Die insident het verlede Dinsdag of Woensdag plaasgevind en ek weet nie waar sy orals met die kar kon gery het en waar dit kon geval het nie, maar ek glo dit sal in Brakpan wees.

As enigiemand ’n swart Renaultsleutel, met ’n blou afstandbeheerder en ander sleutels aan die ring, iewers in Brakpan gewaar het, veral in die Brakpan-sentraal area, en net dalk opgetel het, asseblief kontak my by 011 740 6327.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button