Een van die twee verdagtes in die moordsaak van maj Coert Jordaan (39) het Vrydag in die Springs Landdroshof gehoor dat hy nie borgtog gaan kry nie.
Twee verdagtes het verlede Donderdag in die hof verskyn en die saak is tot Vrydag, (verlede week) uitgestel. Net een van die verdagtes het aansoek om borgtog gedoen.
Dié verdagte het tydens die hofverskyning gehoor dat borgtog geweier word.
Die twee staar aanklagtes van moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ’n gesteelde voertuig in die gesig.
Jordaan, wat die bevelvoerder van die Berede Eenheid van die Ekurhuleni Metro was, is op 27 Januarie by Aston Lake in Springs vermoor, terwyl hy visgevang het.
Beide verdagtes word in die Modderbee gevangenis aangehou.
Lees ook:
Eksklusief: Majoor Coert Jordaan se vrou praat met die Herald oor haar man se dood
EMPD lid langs viswater vermoor
Burgemeester van Ekurhuleni veroordeel maj Coert Jordaan se moord ten sterkste
Honderde betoon laaste eer aan vermoorde maj Coert Jordaan