CrimeEditor's noteNews

Verdagtes in maj Coert Jordaan saak sal aansoek doen vir borg

Die twee verdagtes wat aangehou word in verband met die moord op maj Coert Jordaan (39) het verlede Donderdag weer in die Springs Landdroshof verskyn.

Die twee, wat voor magistraat Cornel Pretorius verskyn het, se saak is uitgestel tot 14 April.

Regshulp is vir beide die mans aangestel en hulle sal, met hul volgende verskyning, aansoek doen om borgtog.

Maj Coert Jordaan, wat die bevelvoerder van die EMPD se Berede Eenheid was, is op 27 Januarie vermoor terwyl hy by Aston Lake in Springs visgevang het.

Sy liggaam is op die dag, ongeveer 2.30nm in die gras ontdek. Daar was steekwonde aan sy liggaam.

Sy Nissan Navara en selfoon is ook gesteel. Dit is na intensiewe ondersoekwerk teruggevind en die verdagtes is in hegtenis geneem.

Die mans staar aanklagtes van moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n gesteelde voertuig in die gesig.

Die twee verdagtes sal in die Modderbee Gevangenis in aanhouding bly tot hul volgende verskyning.

Lees ook:

EMPD lid langs viswater vermoor

Honderde betoon laaste eer aan vermoorde maj Coert Jordaan

Related Articles

Back to top button