CrimeNews

Moordverdagtes kry nie borgtog nie

Die sake van die drie verdagtes, wat gearresteer is na die moord van maj Coert Jordaan (39), is Woensdag in die Springs Landdroshof uitgestel.

Die twee verdagtes wat aangekla word van die moord op Jordaan asook die besit van ongelisenseerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n gesteelde voertuig is borgtog geweier en sou in aanhouding bly tot hul volgende verskyning, wat Donderdag plaasvind.

Die derde verdagte wat gearresteer is nadat hy na bewering Jordaan se vuurwapen sou koop sal weer op 31 Maart in die hof verskyn.

Hy word nie betrek by die moord op Jordaan nie. Tydens sy hofverskyning, op Woensdag het hy aansoek gedoen om borgtog.

Borgtog van R2000 is aan hom toegeken. Een van die borgvoorwaardes is dat hy elke Maandag, tot sy volgende verskyning, by die polisiestasie moet aanmeld.

Maj Coert Jordaan, wat die bevelvoerder van die Ekurhuleni Metro se Berede Eenheid was, is vermoor toe hy op 27 Januarie by die Aston Lake in Springs gaan visvang het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button