Editor's noteLettersOpinion

‘n Brief aan mev ‘Breindood’

''Besorgde motoris'' skryf: Hierdie brief rig ek aan die breindood-vrou wat Vrydagmiddag om 3.10nm met ‘n rooi Gholf in Prince Georgelaan gery het.

Ek noem haar breindood met goeie rede. Geen regdenkende mens sal doen wat dié vrou doen nie.

Sy het die mooiste dogtertjie (ek skat die kind so vier) saam met haar in die voertuig gehad.

Die kind was nie veilig in ‘n karstoeltjie nie, die kind was nie op die agtersitplek nie, die kind het nie op die voorste sitplek gesit met ‘n veiligheidsgordel nie.

Nee, die kind het op die voorste sitplek gestaan! Die venster was heeltemal oopgedraai en haar blonde poniesterte het in die wind gewapper.

Ek en die vrou het gelyk by ‘n verkeerslig stilgehou, toe die kind haar balans verloor. Die ma (ek neem aan dis die kind se ma) het haar regop gepluk en voortgegaan om op haar selfoon te praat.

Ek moes myself keer om nie uit te klim en die vrou te lyf te gaan nie.

“Mevrou Breindood”, as jy skielik moet rem trap sal daardie pragtige blondekop kind deur die voorruit bars.

Ek hoop dat jy dan met jouself sal kan saamleef. Klim van jou foon af wanneer jy bestuur en sorg dat jou kind ‘n karstoel kry. As jy nie een kan bekostig nie, sorg dan dat sy plat sit en maak haar ten minste met die veiligheidsgordel vas.

Lees ook:

Chaos heers in die middag voor die skool

Orange light driver flouts the rules

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button