Editor's noteLocal newsNews
Laerskool Brakpan-Oos leerders skenk honderde liters water
Leerders van die Laerskool Brakpan-Oos het verlede week soos een man saamgestaan en ’n allemintige 737 liter water ingesamel.
Die water is geskenk aan ’n bekende radiostasie, wat besig is met ’n projek om water na droogtegeteisterde gebiede te stuur.
Die leerders het water in groot en klein houers na die skool geneem, waarna dit na die radiostasie vervoer is.
Lees ook:
Die Laerskool Brakpan-Oos kies sy hoofleiers