LettersOpinion

Vragmotors misbruik Voortrekkerweg

"Bekommerde inwoner", Brakpan, skryf:

In die afgelope ses maande merk ek op dat al hoe meer swaarvoertuie (vragmotors) Voortrekkerweg gebruik.

Daar is soms tot 23 per dag. Vanaf Jacks Paint, waar hulle nie die draai behoorlik kan neem, sonder om in die ander baan in te beweeg nie, tot by Tweedy Park, is die risiko baie hoog.
Tussen Jansens Slaghuis en die duikweg is dit op n normale dag n miernes van voertuie en voetgangers in verskillende rigtings.
Verdere gevaar punte is by Post Office Spar; die Ou Checkers gebou, waar horde bakkies bakkies met sleepwaens dubbel geparkeer staan om matrasse af te laai; by Carolines Kafee en by Tweedy Park.

Ek doen n ernstige beroep op die Ekhurhuleni Metro om dringend hierdie probleem te ondersoek.
Verkieslik kan die vragmotors, soos in die verlede, die alternatiewe roete deur Vulcania en die Stoffberg duikweg volg, om verligting aan Voortrekkerweg te bied.

Hierdie voertuie sukkel in elk geval om deur die steil duikweg te kom en moes al by kere uitgesleep word, wat groot ontwrigting vir verkeer veroorsaak.
Redakteur se nota: Die woordvoerder vir die Ekurhuleni Metro Polisie, hoof insp Wilfred Kgasago, het gesĂȘ dat die inligting deurgegee sal word aan die regte rolpelers en dat die situasie beslis gemonitor sal word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button