Local newsNews

Kinders skep kuns

‘n Groepie kinders tussen die ouderdomme van vyf en 15 jaar het Saterdag ‘n kleurvolle en interessante kunsuitstalling in Dalpark gehou.

Die kunstige kinders behoort aan die Kinder Kuns Klasse-groep wat die uitstaling, ter viering van die groep se eerste bestaansjaar, gehou het.

‘n Groot verskeidenheid kunswerke, bestaande uit tekeninge, skilderye, beeldhouwerk en selfs die oulikste gemmerbroodhuisies, was te sien.

Al die kunswerke is geskep deur Suné van Wyk, Eldré Mew, Lana van Vuuren, Andi Venter, Hydi Venter, Chase Douglas, Jeandré Olivier, Cheyanne Bester, Katinka Ahlers, Vickey van der Merwe, Caitlin Peacock, Tamryn Olinger, Garion Olinger, Mianka Steyn, Yelena Steyn, Jadine Bouillon en Hayley Lombard.

Petra Ahlers, van Kinder Kuns Klasse was baie trots op die uitstalling en het groot lof gehad vir die kinders se skeppende werk.

“Die kinders geniet dit geweldig en die klasse is nie net noodwendig vir kinders wat ‘n aanvoeling het vir kuns nie,” het sy gesê.

”Enigiemand tussen die ouderdom van vyf tot 15 jaar kan inskakel.”

Kyk hier na meer foto’s:

Kinder Kuns Klasse (1)

Kinder Kuns Klasse (2)

Related Articles

Back to top button