CrimeNews

Kinders is nou hul laaste vier fietse kwyt

Personeel en kinders van die East Rand Children's Haven, in Brenthurst, voel erg getraumatiseerd en bang nadat inbrekers die plek die afgelope tyd drie keer geteiken het.

 

Ten spyte van veiligheidsmaatreëls wat in plek is, het die booswigte Maandagoggend om ongeveer 3vm die laaste vier fietse van die kinders gesteel.

“Die kinders is besig om eksamen te skryf en die inbrake het elke keer ‘n groot impak,” het Wendy Murphy, programdirekteur van die kinderhuis gesê.

“Hulle is werklikwaar bang en hulle vind dit moeilik om rustig te slaap.”

“Die kinders gebruik ook die fietse om by die skool te kom en, natuurlik, vir ontspanning.”

“Ons het juis die laaste vier fietse op ‘n veilige plek toegesluit, as gevolg van die vorige voorvalle, maar dit was nie genoeg om die diewe weg te hou nie.”

Die inbrekers het, soos die vorige keer, die palisade afgesny en oopgebruig om toegang tot die perseel te verkry.

Daarna is ‘n sekuriteitsdeur oopgebreek, waarna die vier fietse gesteel is.

Die eerste keer het die diewe met van die kinders se klere, twee fietse asook twee industriële strykysters op die vlug geslaan (Kinderhuis deur inbrekers geteiken).

Slegs ‘n paar aande daarna is ‘n venster oopgeforseer en is daar een fiets en twee paar tekkies gesteel (Deurtrapte diewe teiken Kinderhuis weer).

Related Articles

Back to top button