Local newsNews

Bejaardes ontvang gratis gehoortoestelle

Sowat 40 inwoners van die dorp, wat gehoorprobleme ondervind, is die afgelope tyd met gratis gehoortoestelle toegerus.

Drie organisasies het saamgespan om dié projek moontlik te maak.

Yentel Vorster (Impact Hearing, links), Johan Smit (direkteur van Caring Hands en Wees ‘n Engel) en Cherryldine Roos (Wees ‘n Engel).
Yentel Vorster (Impact Hearing, links), Johan Smit (direkteur van Caring Hands en Wees ‘n Engel) en Cherryldine Roos (Wees ‘n Engel).

Die Wees ’n Engel Netwerk/Be an Angel Network, wat opheffingswerk onder die inwoners van Ekurhuleni doen, die Caring Hands Foundation asook Impact Hearing is besig om die lewens van hardhorende mense te verander.

“Die Caring Hands Foundation het onlangs kennis geneem van die moontlikheid dat Impact Hearing, ’n nasionale groep oudioloë, gehoortoestelle gratis beskikbaar kan stel aan mense wat dit nie noodwendig kan bekostig nie,” het Johan Smit, direkteur van Wees ’n Engel en die Caring Hands Foundation, gesê.

“Dit was vir Wees ’n Engel ’n voorreg om met hierdie twee organisasies hande te vat om dit moontlik te maak in Brakpan,” het Smit gesê.

Inwoners van die Frank Mynhardt Sorgsentrum, die Ebenhaeser Tehuis asook Eventide is genader en die proses is reeds aan die gang om die toestelle aan die mense te verskaf.

Die waarde van een so ’n toestel, tesame met die diens (konsultasie, toetsing en verstelling) is sowat R25 000.

“Dit is vir ons ’n groot vreugde om hierdie projek te sien plaasvind,” het Smit gesê.

“Daar is baie mense daarbuite wat hulp nodig het, maar wat dit nie kan bekostig nie of dit moeilik vind om by die regte deur aan te klop,” het hy bygevoeg.

Kyk hier na meer foto’s

 

Related Articles

Back to top button