CrimeEditor's choiceNews

Groot hartseer nadat diewe fietse en speelgoed by kinderhuis steel

Diewe het deesdae nie meer ontsag of enige gevoel as dit kom by die plekke waar hulle toeslaan nie.

Die East Rand Children’s Haven was Saterdagnag die teiken van inbrekers.

Die plek huisves 21 kinders tussen die ouderdomme van vyf tot 18 jaar, wat wees gelaat is, wat uit die sorg van hul ouers verwyder is, of in sommige gevalle mishandel is.

Volgens Wendy Murphy, die programdirekteur van die kinderhuis, is daar Sondag in die vroeë oggendure ingebreek.

“Die diewe het by ‘n waskamer ingebreek, waar hulle twee industriële strykysters en van die kinders se klere gesteel het,” het sy vertel.

”Hulle het daarna toegang tot ‘n ontspanningslokaal gekry, waar hulle twee van die kinders se fietse en ‘n klein televisiestel gevat het.

”Die diewe het ook speelgoed, wat reeds aan ons geskenk is vir Kersfees, gevat.

“Dis ‘n baie ongelukkige voorval.”

Die saak is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Murphy kan by 071 356 2291 gekontak word.

Lees ook:

Dief vergiftig hond, breek motorhuis oop

Inbrekers bind Minnebron egpaar vas in bed

Family survives armed robbery

Related Articles

Back to top button