Editor's choiceLettersOpinion

Seun sê vir sy ma dit is lekker om ‘drugs’ te gebruik

Bekommerde ouer skryf per e-pos: Ek is ’n ouer van ’n 22-jarige seun wat met ’n groot dwelmprobleem sukkel.

Om dit alles te kroon het dit nou ook uitgekom dat hy by onwettige plekke in die dorp dobbel en dit is juis in daardie dobbelplekke waar dwelms vrylik gebruik word.

In hierdie dorp is daar egter om elke hoek en draai dwelmmiddels beskikbaar vir ons kinders en niemand doen iets daaraan nie. Ons as ouers moet nagte wakker lê en onsself dood bekommer.

Dit voel net vir my dat ek, as ouer, alleen baklei teen hierdie euwel.

Daar is ook ’n baie bekende kuierplek in ’n naburige dorp en ek het Vrydagaand met my eie oë gesien hoe die kinders daar dwelmmiddels misbruik.

Meisies en seuns, so jonk as 16, loop openlik met drank en sigarette rond.

Die eienaar van daardie plek laat toe dat my kind en ons jeug hulle lewens vernietig sodat hy geld kan maak.

Besef hy dan nie dat hy besig is om met ons kinders se lewens te speel nie?

Dit is hoog tyd dat iemand begin opstaan teen die eienaars van dié kuierplekke, ook in Brakpan.

Daar moet opgetree word teen die kamstige internet-plekke waar ons kinders sit en dobbel en dwelms gebruik.

Om my kind so te sien, breek my hart. Ek kan nie eens met hom praat nie.

Wanneer ek dit probeer doen word daar vir my gesê dat dit lekker is om ‘drugs’ te gebruik en te kuier.

Dit maak my as ouer depressief. My kind sit met ’n groot probleem en ek sal my hande af baklei om hom te help.

Ek wil graag ander ouers waarsku om uit te kyk vir die tekens van dwelmgebruik en te sorg dat hul kinders nie plekke besoek waar hulle blootgestel kan word aan dwelmmiddels nie.

Lees ook:

Drug dealers a threat to our children

Onwettige dobbelplekke verwoes jong vrou se lewe

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button